Red die Cheetahs! Fire die bestuur span!

Norman du Plooy

/ #38 Niemand is so blind as hy wat nie wil sien nie

2015-04-06 21:36

Ek hoop nie hierdie aksie word ook so dood gedruk soos Adriaan se voorwaarde waarop hy sou bly of Vrybos se poging om in te gryp verlede jaar nie.  Wat meer moet gebeur?  Naka het die swakste rekord van alle Superrugby afrigters en duidelik het hy (of die Cheethas) niks by die "opleiding vakansie" in England gebaat nie.  Dink die bestuur dis toevallig dat die meeste van ons spelers wat verlede jaar elders heenkome gesoek, hul finale besluit geneem het kort nadat daar besluit is om Naka se kontrak te hernu?  Regtig, is julle blind of wil julle dit eenvoudig nie sien nie?