BEHOU SCHRÖDERSTRAAT / KEEP SCHRÖDER STREET
PETISIE / PETITION
Ten spyte van hewige publieke teenkanting het die Advieskomitee van die Raad van Dawid Kruiper Munisipaliteit eensydig aanbeveel dat die proses om Schröder Straat se naam na Alfred Q. Gubula Straat te verander, voortgaan.
Despite strong public opposition, the Advisory Committee of the Council of Dawid Kruiper Municipality has unilaterally recommended that the process to change the name of Schröder Street to Alfred Q. Gubula Street proceed.
HIERMEE VERWERP ONS:
-
Hierdie aanbeveling van die Advieskomitee; en
-
In die geheel dat Schröder Straat se naam verander word na Alfred Q. Gubula Straat.
WE HEREBY REJECT:
-
This recommendation of the Advisory Committee; and
-
In full, that Schröder Street be renamed Alfred Q. Gubula Street.
ONS STANDPUNT / OUR POSITION
-
Finansiële Impak / Financial Impact
Die verandering sal ‘n onnodige finansiële las plaas op die munisipaliteit, besigheidseienaars en inwoners.
The change will place an unnecessary financial burden on the municipality, business owners, and residents. -
Erfenis en Identiteit / Heritage and Identity
Upington het rondom Schröder Straat ontstaan. Die straat dra historiese en kulturele waarde vir alle inwoners.
Upington developed around Schröder Street. It holds historical and cultural significance for all residents. -
Prioriteite van Dienslewering / Service Delivery Priorities
Die munisipaliteit moet eerder fokus op dringende diensleweringskwessies soos stukkende paaie, rioolbesoedeling (in die algemeen, die kanaal en die Oranjerivier), en grootskaalse waterlekkasies.
The municipality should rather focus on urgent service delivery issues like broken roads, sewage pollution (in general, the canal and the Orange River), and major water leaks.
AFSLUITING / CLOSING
Deur hierdie petisie te teken, verwerp ek die voorgestelde naamsverandering en versoek ek dat die Munisipaliteit fokus op prioriteite wat werklik die lewensgehalte van inwoners verbeter.
By signing this petition, I reject the proposed name change and call on the Municipality to focus on priorities that truly improve residents’ quality of life.