Beter winter eksamen toestande
Ons, die leerders , vra asseblief vir genade – of op sy minste vir ’n serp. Ons skryf eksamen in pooltoestande met oop vensters, blou hande en breinvries. Onderwysers sit warm in baadjies met koffie, maar ons mag nie eens ’n mussie dra nie. Geen verwarmers, geen oop klaskamers soggens – net ’n bucket-hat en ’n droom. Ons vries ons tril af, en sommige van ons het nie eens een nie. Dis genoeg. Gee ons asseblief iets – ’n serp, ’n hoodie, of net ’n kans om nie in ys te verander voor vraag 3 nie.